Die Hoërskool Rob Ferreira Denny Cup kry ‘n nuwe baadtjie
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Rob Ferreira Denny Cup kry ‘n nuwe baadtjie. In 2017 het “Fathers Ground” die eerste Denny Cup gereël. Dit het begin met ‘n gholfnaweek vir die pa’s. Johnny Denny was die voorloper met die reëlings. Sy droom was om dit ‘n Rider Cup te maak. Johnny is ongelukkig oorlede na die eerste naweek. Die Denny Cup is vernoem na Johnny Denny wat ‘n aktiewe lid van die Fathers Ground komitee was. Johnny se gholfstok is op die trofee, wat as eerste prys gegee word en sy skoen is gebrons en op die trofee vir die tweede plek gesit.
Fathers Ground het die toernooi begin en het Rob Legacy uitgedaag vir die kompetisie. Die doel van die toernooi is: om iets terug te gee vir die pa’s wat hard werk deur die jaar en dien as motivering en spanbou en natuurlik “bragging rights” vir die wenspan!
Die toernooi neem die “Ryder Cup” formaat aan. Die formaat is as volg: die 1ste nege putjies werk op “Better ball” , waar 2 Fathers Ground spelers teen 2 Rob Legacy spelers speel. Die 2de nege putjies werk op ‘n “alternatiewe hou” formaat (weer 2 spelers per span, wat saam speel en hul slaan 1 bal om die beurt); die 3de nege putjies is enkels (1 Fathers Ground speler teen 1 Rob Legacy speller) dit wil sê 12 x enkel wedstryde. Met elke wen, verdien jy een punt vir die span.

Slegs aktiewe lede van Fathers Ground en Rob Legacy is betrokke by die toernooi. In 2017 – 2019 het die toernooi by Drakenzicht Links Gholfklub plaasgevind. In 2020 – 2021 by Badplaas Gholf Lodge en nou in 2022 – sal dit by Pelgrimsrust Gholfklub wees. Die jaar is TWK (versekering en Finansiële dienste – Nelspruit) die hoofborg van die toernooi. Pieter Steyn van TWK sê dat hul baie opgewonde is om deel te wees van die toernooi en dat dit vir hul belangrik is om deel te wees van ‘n gemeenskap en om op so ‘n wyse gemeenskap te bou en te help om voorentoe te bewweg.
Die jaar word die Denny Cup gereël deur Rob Legacy. Die komitee bestaan uit Charles Gates (voorsitter van Rob Legacy), Jaco Bekker, Kallie van Staden, Conrad Botha (voorsitter van Fathers Ground) en Corrie Minnaar. Op 18 Augustus 2022 was daar ‘n oorhandigings en bekendmakingsfunksie gereël. Hier was die Rob Legacy-span aangekondig en ‘n sak was aan elke speler oorhandig, deur mnr Steyn van TWK.
Rob Legacy se Denny Cup-spanspelers is as volg; Pietman Rademeyer (kaptein); Werner Nitsche (onder-kaptein); Abri du Toit; Charles Gates; Cobus Willers; Hendrik van Zyl; Jaco Bekker; Quintin Hatting; Jan de Coning; SW Venter; Marius van Zyl en Corrie Minaar.

Wat is ‘n naweek sonder pret? Willem le Roux is hoofkok vir die naweek met die hulp van Barend Swart, wat ook verantwoordelik is vir die musiek. Natuurlik het hul ondersteuners nodig, wat niemand anders as TWK se hoofborge Pieter Steyn en Tiaan Reynecke is nie.
Die voorsitter van Rob se beheerliggaam, mnr Jaco Bekker, het TWK bedank vir hul borgskap en gesê: Dis verblydend om te sien mense in die gemeenskap wil ons skool ondersteun. Die skool is dankbaar vir fondse en ouers wat hul tyd opoffer.










