Worcester-Noord Primêre Skool ruiter haal die Wes-Kaap Tentpeggingspan
ADVERTISEMENT
Ons is ongelooflik trots op Carli Smith wat op Saterdag, 23 September, aan die Wes-Kaap Kampioenskappe te Rawsonville deelgeneem het. Sy is verkies tot die onder 14- Wes-Kaap Tentpeggingspan. Hiermee is sy ook as die onderkaptein van haar span aangewys. Carli ontvang volle provinsiale klere en sal op 11 Desember saam met die res van haar span, aan die 2023 Tentpegging Interprovinsiale Kampioenskappe te Reitz, Vrystaat, deelneem. Welgedaan, Carli! Jy hou die Noordjies se naam hoog!
![]()










