Uitstekende kuns by Hoërskool Diamantveld
ADVERTISEMENT
UITSTEKENDE KUNS by DIAMANTVELD! Hoërskool Diamantveld is ongelooflik trots op Lonwabo Siyonzana en Savannah Ahjum, wie se pragtige matriek-kunswerke 15 Oktober by die William Humphreys Kunsgalery (WHAG) uitgestal is. ’n Groot geluk aan Savannah, wat ’n spesiale toekenning vir Uitnemendheid in Visuele Kuns ontvang het – ’n welverdiende eer vir haar talent en harde werk! Die leerders se kunswerke is tot einde Oktober by die WHAG te sien – moenie dit misloop nie!












