HTS Drostdy leerders opgeneem in die Boland-Sewe o.17-spanne
ADVERTISEMENT
HTS Drostdy is ongelooflik trots op vier van ons leerders wat in die Boland-Sewes o.17-spanne opgeneem is:
V.l.n.r.:
Werno Ramsauer – A-span
JD van Tonder – B-span
Raeden Schamboua – A-span
Darren Makeza – B-span
Die o.17-interprovinsiale toernooi word vanaf 9 tot 11 Oktober 2025 by ons eie skool aangebied – ’n besondere voorreg om hierdie talentvolle spelers op ons tuisveld te sien uitdraf. Kom ondersteun hulle gerus!










