Uitmuntende gholf prestasie deur Hoërskool Kalahari leerder
ADVERTISEMENT
Hoërskool Kalahari is ongelooflik trots op Elzé Steyn, wat onlangs aan die Northern Cape Gholf-Ope in Upington deelgeneem het.
- Elzé het uitmuntend presteer en die volgende prestasies behaal:
- Dames Wenner
- 6de plek in die o.15-afdeling
- 9de plek algeheel
- Baie geluk met hierdie uitstekende prestasie, Elzé – jou harde werk en toewyding wys!
Ons sien uit na die volgende Gholf-Ope wat in Kimberley plaasvind en wens jou alle sterkte toe. Hou aan om Kalahari trots te maak!

Skoolnuus in jou area word met trots geborg deur CC Steelworks & Mining Supplies.










