Sport prestasies vir Hoërskool Pearson
ADVERTISEMENT
Dag 2 van die Selborne/Clarendon tennistoernooi het op ‘n hoë noot afgeskop met die semi-finaal teen Hoërskool Grey en Collegiate. Dit was uitdagende wedstryde, maar ons tennisspelers het hulle nie laat onderkry nie en het met ‘n telling van 19-12 ‘n plek in die finaal verseker. In die finale rondte het Pearson kragte gemeet teen Hoërskool Sterling van Oos-Londen. Die tennisspelers het vanaf die begin uitstekend gespeel.
Hulle het 4 van die 6 dubbelwedstryde gewen en dit het hulle ‘n goeie voorsprong gegee. Alex Hurter en Erin Dold-Chapman se enkelspel het goed afgeloop wat Hoërskool Pearson se voorsprong verbreed het. Hierdie oorwinnings het hulle in ‘n goeie posisie geplaas om die finaal te kan wen. Die daaropvolgende wedstryde was senutergend. Beide Evan Swart en Amy Stuart het uitdagende wedstryde gehad, maar hulle het as oorwinnaars uit die stryd getree. Evan het 8-6 gewen en Amy 8-7. As nommer 1 seunspeler is Evan tot dusver onoorwonne in 2025. Die laaste paar wedstryde was naelbyt en Pearson het net 1 wedstryd gekort om die toernooi te wen. Bhakti Govendjee het die knoop deurgehaak met haar oorwinning van 8-0. Pearson het met die louere weggestap en die trofee vir die vierde agtereenvolgende jaar verower.,Toekennings is aan spelers oorhandig wat die beste in hulle posisies tydens die toernooi was:
- Amy Stuart : Beste nommer 1 meisiespeler
- Erin Dold-Chapman : Beste nommer 2 meisiespeler
- Zikhona Xate : Beste nommer 3 meisiespeler
- Evan Swart : Beste nommer 1 seunspeler
- Alexander Hurter : Beste nommer 3 seunspeler
- Hayden Heck : Beste nommer 6 seunspeler.
Welgedaan aan ons kampioene! Ons is trots op julle uitmuntende prestasie.
![]()










