Skaak goud vir Hoërskool Montana dogters
ADVERTISEMENT
Hoërskool Montana se o.15- dogtersskaakspan, Anneke Erasmus, Lakeisha Johnson, Ashrique Neethling, Kirsten Crotz, Jané Engelbrecht en Xanlié Broodryk (almal gr.8) het puik presteer by die Kaapse Wynland Topskole skaaktoernooi wat op 26 Augustus 2023 plaasgevind het. Hulle het uit alle dogters ouderdomsgroepe goud behaal, sowel as goud vir hul individuele bordposisies. Hulle verteenwoordig die Kaapse Wynland as span by die Wes-Kaap Topskole toernooi. Ons is baie trots op al hierdie skaakspelers!










