SA Beach Wrestling Kampioenskappe uitslae
ADVERTISEMENT
SA Beach Wrestling Kampioenskappe – Trots op ons Stoeiers. Ons is ongelooflik trots op ons vier stoeiers wat die naweek van 28 Maart 2026 aan die SA Beach Wrestling Kampioenskappe in Jeffreysbaai deelgeneem het en uitstekende prestasies behaal het.
Prestasies:
- 2 x Goud
- 3 x Silwer
Baie geluk aan Jan Daniel Marais (o’8) ‘n leerder van Primêre Skool Jim Fouché en Stiaan le Roux (o’15) ‘n leerder van Hoërskool Jim Fouché met julle goue medaljes – ons nuwe SA Beach Wrestling Kampioene van die Vrystaat!

Ruwan van Niekerk (o’15) het ’n besonder sterk vertoning gelewer en twee silwer medaljes verower, terwyl Stiaan le Roux ook ’n silwer medalje by sy indrukwekkende prestasies gevoeg het.
- ’n Spesiale woord van erkenning aan Danie Bloem, afrigter van die Sand du Plessis Amateur Stoeiklub, wat self ook in die senior kompetisie deelgeneem het – ’n ware voorbeeld en inspirasie vir ons jong stoeiers.
- Ons is trots om deel te wees van die Sand du Plessis Stoeiklub.
Dit is besonders dat al ons deelnemers aan die SA Beach Wrestling Kampioenskappe verbonde is aan Jim Fouché Skool. Danie is ’n oudleerder, terwyl Stiaan en Ruwan tans in graad 9 is, en Jan Daniel reeds in graad 2 groot dinge bereik. Baie geluk aan elkeen – julle harde werk en toewyding spreek vanself. Die toekoms van ons stoei lyk besonder belowend!










