Ruiters het weereens Hoërskool Bellville se naam hoog gehou
ADVERTISEMENT
Die afgelope naweek het gr. 8-leerders, Lené Coetzee en Lienke van Jaarsveld, weer aan die SANESA (South African National Equestrian Schools Association) interskoleperdrykompetisie deelgeneem. Hulle het weereens Hoërskool Bellville se naam hoog gehou. Ons is baie trots op die twee ruiters se prestasies:
- Lené Coetzee spring ‘n 1ste plek los in die 60cm Show Jumping-klas.
- Lienke van Jaarsveld behaal 1ste plek in die Equitation-klas en 2de plek in die 60cm Show Jumping-klas.
Hierdie meisies se toewyding is werklik prysenswaardig. Welgedaan, meisies!

















