Queenstown Tennis uitslae van Laerskool Aliwal-Noord
ADVERTISEMENT
Queenstown Tennis uitslae van Laerskool Aliwal-Noord. Op Maandag, 17 Oktober, het Laerskool Aliwal Noord se eerste tennisspan kragte gemeet teen Queens College en Balmoral. Die leerders het hulself goed van hul taak gekwyt en met n oorwinning van 108 potte teenoor 74 potte. Beide skole se leerders het baie goeie sportmangees getoon en dit baie geniet. Baie dankie aan Queens en Balmoral vir die geleentheid. Dankie ook aan die ondersteuning van elke ouer, dit word opreg waardeer.










