Primêre Skool Jim Fouché leerders presteer in gevegskuns
ADVERTISEMENT
Primêre Skool Jim Fouché leerders presteer in gevegskuns. Janco en Anné Scheepers, wat lede is van die Rohan Verwey Martial Arts & Karate for Kids, het deelgeneem aan die ATA Mphumalanga en Gauteng Provinsiale Kampioenskappe op 9 April & 7 Mei 2022. Janco het 3de plek behaal vir Combat Weapons and Team Combat Weapons in die Mphumalanga Provinsiale Kampioenskappe en ‘n 3de plek vir Combat Weapons, en 1ste plek vir Team Combat Weapons tydens die Gauteng Provinsiale Kampioenskappe.
Anné Scheepers behaal ‘n 1ste plek vir Traditional Weapons, 2de plek vir Traditional Forms and Combat Weapons, en 3de plek vir Sparring tydens die Mphumalanga Provinsiale Kampioenskappe, asook 1ste plek vir Combat Weapons, 2de plek vir Sparring en 3de plek vir Traditional Forms tydens die Gauteng Provinsiale Kampioenskappe.










