Paul Roos Gimnasium Hokkie Astro
ADVERTISEMENT
Die Universiteit Stellenbosch en Paul Roos Gimnasium het op 12 Februarie 2024 amptelik die grond gebreek waar ʼn derde hokkie-astroturfblad gelê sal word. Dié ontwikkeling vind langs die huidige Maties-hokkievelde plaas en beoog om Paul Roos Gimnasium en die US se hokkieaanbieding selfs verder te vergroot. Sleutelrolspelers van dié projek wat reeds sedert 2021 in wording is, het die spesiale geleentheid bygewoon.
Van die gaste van links sluit in: Anche Nortjé (Maties-hokkiebestuurder), André van Staden (Paul Roos Gimnasium-rektor), Stellenbosch Universiteit professor Stan du Plessis (Hoof- Operasionele Bestuurder), Irfaan Dalvie (Senior Direkteur Bedryf) en Michael Baker (PRG-hokkiehoof).










