[Onderhoud] Welkom Gimnasium Eerstespan Hokkiedogterskaptein – Tamsin Parsons
ADVERTISEMENT
Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Goudveld-Hoërskool en Welkom Gimnasium hier. Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie.
AWSUM het die geleentheid gehad om met Tamsin Parsons, Eerstespan Hokkiedogterskaptein van Welkom Gimnasium te praat oor hul voorbereiding, sterkpunte en vooruitsigte vir die seisoen..
Tasmin Parsons
Op watter aspekte van fiksheid en strategie het die span tydens voorseisoefening gefokus? Ons het gefokus op die verbetering van spelers se algemene stamina sodat hulle die tempo van ’n wedstryd kan volhou.
Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar? Definitief ons kommunikasie saam met ons afrigter. Ons hoor net “one-two” en die span val onmiddellik in plek! Ons span self is ’n sterkpunt!
Wat wil julle as ’n span in 2025 bereik? Om met trots die liga en die Derby te wen! Ons wil ’n span wees wat ’n voorbeeld stel – sodat ander na ons kan opkyk.
Watter wedstryd en/of toernooi is vir julle die spesiaalste, en hoekom? Die Derby, omdat dit al jare lank deel is van Welkom. Dit dra die geskiedenis van twee skole wat uitmuntend presteer in akademie en sport.










