‘n Suksesvolle oratorsaand vir Hoërskool Pionier
ADVERTISEMENT
Op 18 Maart het ons jaarlikse Oratorsaand plaasgevind waar leerders die geleentheid gekry het om hul redenaarsvernuf op die podium te wys. Gewapen met notas in die hand, blinkgepoetste skoene en ondersteuners aan hul sy, het 36 redenaars hul beste gelewer. Dit was ’n lang, maar baie suksesvolle aand. Hoërskool Pionier is veral dankbaar teenoor die ses professionele beoordelaars wat toesig gehou het en verseker het dat die uitslae regverdig was. Volgens hulle was die kompetisie, veral onder die senior leerders, van ’n baie hoë standaard.
Baie geluk aan die volgende wenners wat gekwalifiseer het om aan die ATKV-redenaars se eerste uitdunronde op 8 Mei by Huttenpark, Newcastle deel te neem:
Afrikaans Huistaal Gr. 8–9 Onvoorbereid
Anzené Cloete
Afrikaans Huistaal Gr. 10–12 Onvoorbereid
Derde – Suzaan Reinecke
Tweede – Wijtske Fourie
Eerste – Christian Rix
Afrikaans Huistaal Voorbereid Gr. 8–9
Vierde – Diané Barnard
Derde – Sumari Botha
Tweede (Gesamentlik) – Heike Venter en Abigail van Greuning
Eerste (Gesamentlik) – Anzené Cloete en Janice Slabbert
Afrikaans Huistaal Voorbereid Gr. 10–12
Agtste – Leardri Grobler
Sewende – Wijtske Fourie
Sesde – Leané Janse van Rensburg
Vyfde – Mignon Theron
Vierde – Danell Coetzee
Derde – Mia Bosman
Tweede – Kyla Bosman
Eerste – Ivoné Lombard












