’n Spesiale Curro Hermanus Tradisie
ADVERTISEMENT
’n Spesiale Curro Hermanus Tradisie. Die graad 8’s het direk ná hul saalbyeenkoms, die eer gehad om die klok te lui — ’n kosbare tradisie by Curro Hermanus om ’n belangrike mylpaal te vier. Met trots in hul uniforms en hul kleurbaadjies aan, het hulle simbolies hul plek ingeneem as volwaardige leerders van die hoërskool. ’n Moment van trots, groei en nuwe beginne.






















