Mnr. en Mej. Zwarrie 2022 vind in groot styl plaas
ADVERTISEMENT
Op Woensdag, 20 Oktober het maande se beplanning en oefening bymekaar gekom
op die Hoërskool Zwartkop verhoog in ’n skouspel van kleure, danspassies, aandrokke en pakke.
Die Mnr. en Mej. Zwarrie is een van die hoogtepunte op Hoërskool Zwartkop se
kalender en altyd ’n kleurspel van opwinding en pret. Die organiseerder, Me.
Marieza Steyn, en haar komitee het van dié pragtige aand, ‘n groot sukses gemaak.
Verskeie rolspelers het gesorg dat dié aand seepglad verloop het.
Die uitslae van die kroningsaand is as volg:
- Me. Debutant gaan aan Mieke Vermeulen
- Mnr. Galant toekenning behoort aan Luan Wakeford
- Mej.Finesse 2022 is Taryn Mosdell
- Mnr. Persoonlikheid gaan aan Wihan van den Berg
- Mej. Persoonlikheid is niemand anders as Minette de Souza Allegria
- Diwan van Rooyen is as Mnr. Fotogenies aangewys
- Nika van der Westhuizen stap weg met die titel van Mej. Fotogenies
- Luan Wakeford is as die 2de Prins aangekondig
- 1ste Prins titel gaan aan Reagan Smith
- Die Mnr. Zwarrie van 2022 is Wihan van den Berg
- Nika van der Westhuizen is as 2de Prinses aangewys
- 1ste Prinses is Minette de Souza Allegria
- Die titel van Mej. Zwarrie 2022 gaan aan die pragtige Anika Williams
Baie geluk aan Me. Steyn en die deelnemers met ‘n prag aand en dankie aan elkeen
wat die geleentheid kom geniet en ondersteun het.
Anika Williams
Openingsdans seuns
Openingsdans dogters
Openingsdans dogters
Voor v.l.n.r.: Anika Williams, Wihan van den Berg. Agter v.l.n.r.: Taryn Mosdell, Mieke Vermeulen, Minette de Souza Allegria,
Nika van der Westhuizen, Luan Wakeford, Reagan Smith, Diwan van
Rooyen
Anika Williams, Wihan van den Berg
Wihan van den Berg










