Laerskool Gene Louw-atlete blink uit by BD’s Top 10
ADVERTISEMENT
Laerskool Gene Louw se atletiekspan het kop en skouers uitgestaan by die BD’s Top 10-atletiekbyeenkoms by Hoërskool Bredasdorp op Vrydag 27 Oktober. Van die 45 laerskoolspanne wat deelgeneem het, het die Gene Louw-atlete die meeste punte op die ASA-tabelle behaal en as algehele wenners die gesogte skild vir die eerste keer sedert 2007 huis toe gebring. Imke Roux het die trofee vir die beste o.12-dogtersatleet ontvang, onder meer vir haar skitterende nuwe rekord in die 75m-hekkieswedloop.
Agter: Liné de Villiers, Viljoen Botha, Joey Calitz (seuns o.13 – goud: diskus; silwer: gewigstoot; brons: spiesgooi), Travis Eberhardt (seuns o.12 – brons: gewigstoot), Imke Roux (meisies o.12 – goud: 75m hekkies; goud: 100m; silwer: 150m), Marinda Strydom (Laerskool Gene Louw se atletiekorganiseerder) Voor: Abongile Xotyeni, Robert Murray, Corné Conradie (seuns o.11 – goud: 70m hekkies; brons: verspring) , Jean-Luc van der Westhuizen (seuns o.11 – silwer: gewigstoot), Hannah Coetzee.










