Merensky Landbou Akademie laat 21 rekords tuimel tydens die Interhuis Swem
ADVERTISEMENT
Die Interhuis swemkompetisie op 6 Maart by die Merensky-swembad was ‘n spoggeleentheid met uitsonderlike prestasies van die Plasie-swemspan. ‘n Ongelooflike 19 nuwe rekords is opgestel. Onder die uitblinkers was:
- Ruben Tröger wat nuwe rekords behaal het in die 100m borsslag en 100m rugslag.
- Ettiene Tröger breek rekords in 50m rugslag, 100m rugslag, 100m borsslag en 100m vryslag.
- Milan Ferreira het haar merk gelaat met rekords in die 200m wisselslag, 100m borsslag en 100m vryslag.
- Ella Janse van Rensburg het die swembad laat kook met haar rekords in die 50m en 100m rugslag.
- Marny du Plessis het ‘n nuwe rekord opgestel in die 100m vlinderslag.
- Carmé Louw het ‘n verstommende vyf rekords verbeter in die 50m en 100m borsslag, 100m rugslag, 100m vryslag en 100m vlinderslag.
- Ruan Leykauf het sy talent gewys in die 100m vlinderslag.
- Simoné Schonken het ‘n nuwe rekord in die 100m borsslag opgestel.
- Mignon Smit het uitstekende swemvermoë getoon met rekords in die 100m vryslag en 100m rugslag.
Carme Louw
Ettiene Troger
Individuele Toekennings
Beste Hytek punte:
- Seuns: Ettiene Tröger (50m vryslag)
- Dogters: Ella Janse van Rensburg (50m rugslag)
Junior Victrix Ludorum: Milan Ferreira
Junior Victor Ludorum: Luke Breetzke
Senior Victrix Ludorum: Carmé Louw
Senior Victor Ludorum: Ettiene Tröger
Luke Breetzke
Milan Ferreira
Huise-uitslae: Die kompetisie tussen die huise was straf, maar Aqua het uiteindelik as oorwinnaars uit die stryd getree.
- Aqua
- Terra
- Ignus
- Ventus
- Lux
Baie geluk aan al die Merensky Landbou Akademie swemmers wat hierdie jaar se Interhuis ‘n onvergeetlike sukses gemaak het!
Ettiene, Carme, Ella, Milan, Luke










