Merensky Landbou Akademie rugby spog met oorwinnings teen Hoërskool Nylstroom
ADVERTISEMENT
Op Saterdag, 8 Maart 2025, het Merensky Landbou Akademie se rugbyspanne indrukwekkende vertonings gelewer in hul vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Nylstroom. Die wedstryde is in die Bulkraal gespeel, waar die Plasies hul oorheersing op die veld duidelik bewys het met ‘n reeks klinkende oorwinnings. Die uitslae van die wedstryde was soos volg:
- o14A: Wen 58-7 met 10 drieë. Speler van die wedstryd: Eligh Hopper
- o14B: Wen 37-0 met 7 drieë. Speler van die wedstryd: Cole Worth
- o15A: Wen 38-0 met 6 drieë. Speler van die wedstryd: Reinhard Coertse
- o15B: Wen 34-5 met 6 drieë. Speler van die wedstryd: Janco Malan
- o16A: Wen 59-3 met 9 drieë. Speler van die wedstryd: Andrich Venter
- o16B: Wen 63-0 met 11 drieë. Speler van die wedstryd: Devan Liebenberg
- 3de-span: Wen 50-0 met 8 drieë. Speler van die wedstryd: Aeden Anderson
- 2de-span: Wen 62-0 met 10 drieë. Speler van die wedstryd: Ruhann Koekemoer
- 1ste-span: Wen 59-7 met drieë gedruk deur Blessing Mathebula (1), Mukhetwa Musundwa (1), Maritz Meintjes (3), Jens Bezuidenhout (3) en Armand Eloff (1). JD Boshoff het 7 van die drieë verdoel. Speler van die wedstryd: Maritz Meintjes.
Met hierdie puik oorwinnings het Merensky se rugbyspanne hul seisoen met selfvertroue afgeskop. Die spelers en afrigters sien nou met verwagting uit na hul volgende wedstryde op 15 Maart in Secunda. Sterkte, Plasies!
Armand Eloff (
Armand Eloff (
Armand Eloff (
Blessing Mathebula
JD Boshoff
JD Boshoff
Maritz Meintjes
Maritz Meintjes
Mukhetwa Musundwa










