LS Courtrai skaakspeler gaan aan die Statebond Skaakkampioenskappe deelneem
ADVERTISEMENT
Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Sophia Hagen gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Statebond Skaakkampioenskappe wat plaasvind vanaf 7 tot 16 November 2025 in Kuala Lumpur, Maleisië. Sy ontvang Chess SA Kleure.
Haar harde werk, deursettingsvermoë en liefde vir skaak het werklik vrugte afgewerp. Sy het gedurende die jaar Boland kleure, Wes-Kaap kleure sowel as SA kleure verwerf.
Sophia is ook gekies vir die o.14 Kaapstad span om die Wes-Kaap te verteenwoordig by die Mzansi Interprovinsiale toernooi in Gqeberha, Oos-Kaap. Die toernooi sal van 15 tot 20 Desember 2025 plaasvind.











