Ligbron Akademie vir Tegnologie redenaars presteer
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie se redenaars het onlangs hul interhuisredenaarskompetisie aangebied ter voorbereiding van die jaar se landswye ATKV redenaarskompetisie. Die wenners in die senior huistaalafdeling was Eljoné van Niekerk – eerste, AJ van Niekerk – tweede en Berné Wentzel – derde. In die junior huistaalafdeling is die eerste plek toegeken aan Luan van Niekerk, met Lewellyn Ludike in die tweede plek en Elizka du Toit in die derde plek. In die eerste additionele taalafdeling het Zweli Ngomane met die louere weggestap. In die tweede plek was Nkazimulo Ntanzi in die tweede plek en Lindsey Mundava, derde.

Voor (van links): Luan van Niekerk, Elizka du Toit, Berné Wentzel, Nkazimulo Ntanzi en Lindsey Mundava Agter (van links): Zweli Ngomane, Lewellyn Ludike, AJ van Niekerk en Eljoné van Niekerk.









