Ligbron Akademie vir Tegnologie Gr 12’s beste in Gert Sibande
ADVERTISEMENT
Op 14 Augustus is die Gert Sibande Distrik Top 100 (Crème de la Crème) Graad 12 Prysuitdelingsfunksie in Ermelo aangebied. Agt Liggies het tydens die geleentheid elkeen ‘n sertifikaat van erkenning ontvang as deel van die top 100 akademiese presteerders in die distrik. Elandri Kleynhans, wat Ligbron se top presteerder is, het die hoogste prestasie van die agt graad 12’s behaal.
Hierdie jaarlikse geleentheid word aangebied om top presteerders te beloon vir hul harde werk tydens die vorige kwartaal en om hulle aan te moedig vir die kwartaal wat voorlê. Hierdie jaar se funksie het vir Ligbron Akademie vir Tegnologie verdere spesiale betekenis gehad omdat mnr Gerhard Brand (hoof) een van die gassprekers was. In sy toespraak het hy die graad 12’s se aandag gefokus op Januarie 2025 wanneer hulle hul matriekuitslae ontvang. Hy het hulle herinner dat die resultate wat hulle dan gaan ontvang ‘n weerspieëling gaan wees van die opofferings wat hulle nou maak. Hy het hulle geprys vir die uitdagings en struikelblokke wat hulle reeds oorkom het om hul huidige prestasies te behaal en hulle aangemoedig om hul eksamen met selfvertroue, determinasie en positiwiteit aan te pak om sukses te verseker. Ligbron is trots daarop om weereens een van die top akademiese skole in die distrik te wees.
Afnaan Jina
Ameen Tikly
Amelia Brummer
Archer Jasmyn
Elandri Kleynhans
Madelein Ferns
Shazia Vally
Simone Cloete










