Ligbron Akademie vir Tegnologie fietsryers neem deel aan die XCM marathon
ADVERTISEMENT
Die afgelope Saterdag is die eerste rondte van die XCM (Cross-Country Marathon) aangebied deur Piet Retief Wheelers by Hoërskool Piet Retief. 5 meisies en 14 seuns van Ligbron het aan die fietsry wedloop deelgeneem.
Die afstand wat deelnemers moes af lê wissel tussen 15 km en 75 km, afhangende van die ouderdomsgroep waarin hulle meëding. Die langer afstande was uitdagend, met kort, maar steil bulte wat net voor die einde geklim moes word.
Ligbron Akedemie vir Tegnologie het hul staal gewys en goeie plekke behaal. Anelie Geel het ‘n derde plek in die afdeling vir Sub- Junior Meisies behaal en Rou-An Drotsky het vyfde geeindig in die Sub- Junior Seuns afdeling. Albei moes ‘n afstand van 30 kilometer aflê. In die Seuns Jeug afdeling, wat oor 47 kilometers plaasvind het, het Michael Gouws ‘n vyfde plek behaal. Natuurlik het die span se twee afrigters die voorbeeld gestel en in die Mans Sub-veterane afdeling het Duane Purcocks 5de geeindig. Grové Eksteen eindig met ‘n skitterende tweede plek in die Meesters afdeling.










