Langenhoven Gimnasium is trots op uitblinkers in netbal
ADVERTISEMENT
Langenhoven Gimnasium is baie trots op vier van sy uitmuntende netbaldogters wat onlangs in provinsiale spanne opgeneem is. Anri Fourie (o.18) en Tamaré Stewart (o.15) is gekies vir die Eden Netbalspan, terwyl Caitlin Hendriks (o.18) en Keisha Oliphant (o.17) die eer gehad het om opgeneem te word in die Wes-Kaap Netbalspan.
Anri Fourie
Tamaré Stewart
Keisha Oliphant
Caitlin Hendriks










