Laerskool Worcester-Oos tennisspelers presteer
ADVERTISEMENT
JG Lingenfelder het die naweek die Platteland tennisspan verteenwoordig. Hulle het in ‘n Inter-distrik toernooi deelgeneem teen Eden en Drakenstein waar die o. 12-seunspan weggestap het met die goue medalje. Baie geluk Plattelandspan. Laerskool Worcester-Oos is baie trots op julle.

Tennistoer : Ons eerste tennisspan het die afgelope naweek aan die Swellie SpecSavers toernooi deelgeneem in Swellendam. Die leerders het dit vreeslik geniet. Ons is baie trots op elkeen van die volgende spelers wie ons OOSies se naam hoog gehou het: JG Lingenfelder, Michael Theron, Jean-Pierre Theron, Kihan Marais, Anna Heatlie, Zia Lombard, Laetitia Jordaan en Heloïse Pretorius. ‘n Groot dank aan Africa Biomass Companyvir die borg van ons langmou toerhemde. Ons het dit met trots gedra.










