Laerskool Worcester-Oos Rugby nuus
ADVERTISEMENT
Laerskool Worcester -Oos spog met rugbynuus.
Blitzbok
Christie Grobbelaar het vandag ons seuns kom inspireer en sommer heelwat handtekeninge uitgedeel. Die leerders het sy pragtige medalje bewonder. Ons voel geëerd en bevoorreg om ons nederige en talentvolle ambassadeur in sy Olimpiese Spele sweetpak te sien.
R U G B Y
Baie geluk aan Hazzlett Cloete (graad 6) wat in die Noord-Boland o.12-rugbyspan opgeneem is!
R U G B Y
Danté Amsterdam en Josua du Plessis (graad 7) is onlangs in die Worcester Sone o.13-sewesrugbyspan opgeneem.Hulle het hierdie week deelgeneem aan die Noord-Boland proewe. Danté is ook verkies tot die Noord-Boland span. Mooi so manne, ons is trots op julle!












