Laerskool Worcester-Oos leerder presteer in motorsport
ADVERTISEMENT
Christo van Dyk (gr. 6B) van Laerskool Worcester-Oos het die afgelope naweek by Wekus Oval aan die Ninja Midgets-klas deelgeneem. Christo het in die eerste wedren ‘n tweede plek behaal en in die tweede wedren ‘n derde plek behaal. Dit het aan hom ‘n algehele tweede plek vir die byeenkoms besorg.









