Laerskool Worcester-Oos gee heldeverering aan Blitzbok-oudleerder
ADVERTISEMENT
Christie Grobbelaar het as klein kannetjie vir Laerskool Worcester-Oos se o.13A-span uitgedraf. Vandag is hy ‘n Blitzbok vir wie ons OOSIES ‘n geweldige heldeverering het. Christie verteenwoordig ons land en skool as AMBASSADEUR. Ons is trots om ons skool se naam te verbind aan ‘n ware ambassadeur, soos Christie, wat ‘n toonbeeld van fiksheid, dissipline en nederigheid is.










