Laerskool Welgemoed Karate Kampioene
ADVERTISEMENT
Welgemoed Laerskool leerders, en klublede van KYOKUSHIN karate-klub, het kraghoue toegedien tydens die onlangse Westelike Provinsie kampioenskappe. Kayleigh Hanauer (o.11) en Leze Calitz (o.11) het beide vir hul WP klere gekwalifiseer. Die volgende leerders het ook uitstekend gevaar: Jan-Pieter Geyser ( 0.7, silwer); Leah Sylvester (0.9, brons); Ronald Mayer (o.11, brons); Greyson Grosvenor (o.11, silwer) en Rebecca Odendaal (0.13, brons).
![]()










