Laerskool Vredendal sport en kultuur sterre vir kwartaal twee
ADVERTISEMENT
Laerskool Vredendal sport en kultuur sterre vir kwartaal twee. Rugby: Ruaan Coetzee, Juhancion Benn en Rudolph Burger behaal NWB-rugbyspan en verteenwoordig NWB by die finale Boland-proewe.

Rudolph Burger word opgeneem in die Boland Cravenweek Span. Hy sal gedurende die Junie-vakansie op nr. 10 vir Boland uitdraf tydens die Cravenweek wat in Pietermaritzburg gehou word.

Netbal: Laerskool Vredendal se o.13 Netbalspan dring deur na die finale rondte van die Wes-Kaap se Topskole netbaltoernooi.
Weskus Netbal: Mieke Roux, Elena Lombard, Hanna Stemmet en LeaMaré Engelbrecht word in die Weskus netbalspan opgeneem
Wes-Kaap Netbalspan: Imke Geldenhuys, Jana Vollgraaff en Kara Engelbrecht word opgeneem in die Wes-Kaap Netbalspan wat tydens die Junie-vakansie hulle provinsie in die All Ages Netbaltoernooi gaan verteenwoordig.
Netbal o.12: Laerskool Vredendal se o.12 Netbalspan is deur na die finale rondte in Wes-Kaap se Topskole Netbaltoernooi.
Atletiek: Victor Lategan het tydens die SA Atletiekbyeenkoms die volgende prestasies behaal. Seuns o.11 100m, 1ste. 80m, 3de. Verspring 1ste en die Wes-Kaap o.11 100m aflos wen goud, met Victor wat huistoe hardloop. Dit maak hom ‘n 3 dubbele SA-kampioen.
Skaak: Ezrah Avontuur en Alexander Vollgraaf verwerf Wes-Kaap klere in skaak. Hulle sal aan die Interprovinsiale skaak toernooi deelneem.
Eisteddfod Ses van ons leerders is aangewys as pryswenners by die Calvinia Eisteddfod. Hierdie wenners is bepaal deurdat elkeen van die leerders die hoogste punte behaal het in die onderskeie afdelings waaraan hulle deelgeneem het. Yulter Smith is aangewys as die wenner in die kunsafdeling van graad 4 tot 7, en Katie Swanepoel in die klavierafdeling. Maria Smith en Arina Wessels is aangewys as wenners in die blokfluitafdelings. André Kleynhans en Lumé Kleynhans is wenners in die Afrikaanse Voordrag afdeling.

Eisteddfod















