Laerskool Tzaneen geniet die Super 12 Bybelvasvra
ADVERTISEMENT
Saterdag, 12 Augustus was lankal in die Laerskool Tzaneen se dagboeke vasgepen as ‘n baie belangrike dag, Super 12 Bybelvasvra kompetisie se dag. Hierdie vasvra lê die Larries baie na aan die hart, die dogters oefen maande lank en werk baie hard maar almal is dit eens dat dit maak nie saak hoeveelste die span eindig nie, om die woord van die Here te bestudeer en ons talente uit te oefen ter ere van Hom beteken baie meer.
Dit is absoluut net genade dat ons span ook dan vierde (met een punt verskil) eindig naas skole soos LS Elarduspark, LS Randhart en LS Pietersburg-Oos wat die eerste drie plekke ingepalm het. Hartlik geluk aan juffrou Tanya Espach en die dogters, Tihana Venter, Liandri Terblanche, Sulé Espach en Ilana Lubbe!


















