Laerskool Randhart Bybelvasvraspan eindig eerste
ADVERTISEMENT
Op Saterdag 12 Oktober 2024 het die Laerskool Randhart se Bybelvasvraspan aan die finale ronde van die jaarlikse Rapportryerkompetisie deelgeneem. 110 spanne het ingeskryf om vanjaar deel te neem en die Ranties slaag daarin om eerste te eindig en met die wentrofee weg te stap. Baie geluk aan Michelle Pawson, Eben Serfontein, Tegan van Niekerk en Kian van Niekerk asook hul afrigter, Juf. Van As. Julle maak ons so trots.
![]()










