Laerskool Hennopspark is baie trots op die Bybelvasvra spanne
ADVERTISEMENT
Laerskool Hennopspark is baie trots op ons Bybelvasvra-spanne. Hulle het vyfde geëindig by die jaarlikse Super 12-Bybelvasvra kompetisie in Pietersburg. Ons het vier spanne gehad wat deelgeneem het aan die eerste rondte van die Rapportryers se Bybelvasvra kompetisie. Hennopspark eindig 3de en dring hiermee deur na die landswye finaal wat plaasvind by Klein Kariba in 2024.










