Laerskool Tzaneen is die Bybelvasvra Kampioene
ADVERTISEMENT
LS Tzaneen se Bybelvasvra-span, Tihana Venter, Liandri Terblanche, Ava Nel en Weirich Vorster het op Saterdag, 3 Augustus, deelgeneem aan die Super 12 kompetisie by LS Pietersburg-Oos in Polokwane. Ons kondig met baie dankbaarheid aan dat ons spannetjie die wenners van die dag was! Saam met juffrouens Andri Luus en Tanya Espach het julle baie hard gewerk om voor te berei vir die kompetisie.

Bybelvasvraspan Super 12 Weirich Vorster, Ava Nel, Tihana Venter, Liandri Terblanche









