Laerskool Totius hoogtepunte vir kwartaal 2
ADVERTISEMENT
Laerskool Totius hoogtepunte vir kwartaal 2
Rugby

Gideon Boonzaaier is verkies tot die WP o.13 Craven week span.
Netbal

Mija Vermeulen is gekies tot die o.11 Cape Town Primary Schools netbalspan wat aan die Wes-Kaap interdistrik toernooi gaan deelneem.
Skaak

Johann van Niekerk (o.13 seuns), Kara Coetzee (o.13 dogters) en Helgard Müller (o.11 seuns) het aan die WP skole skaak se WP-uitdunne deelgeneem. Kara Coetzee eindig met goud in haar afdeling.
Kermis 2022

Dankie aan Mia (links), Anrich Herbst (middel) en Leah (regs) wat ons beoordeelaars vir ons herwinbare hoed-kompetisie in ons kermis week was.

Totius hou kermis!









