Laerskool Sonop se pragtige ballet sussies het aan die DTMA provinsiale rondte vir dans deelgeneem
ADVERTISEMENT
Laerskool Sonop se pragtige ballet sussies Jana en Lianay Kleyn het aan die DTMA provinsiale rondte vir dans in die Vrystaat deelgeneem. Albei het uitmuntend gevaar en die volgende resultate behaal:
Jana:
- 1ste plek in die 8–10 jaar Klassieke Ballet-afdeling.
- ‘n Gemiddeld van 90%.
- Die trofee vir algehele wenner van die Junior Ballet-afdeling (8–13 jaar).
Lianay:
- 1ste plek in die 5–7 jaar Klassieke Ballet-afdeling.
- ’n Gemiddeld van 88%.
- Die trofee vir algehele wenner van die Petite Ballet-afdeling (3–7 jaar).
Beide sussies is ook opgeneem in die DTMA Oos-Kaap Provinsiale Span wat in September in Johannesburg aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Rondte gaan deelneem. Baie geluk, Jana en Lianay! Ons is onbeskryflik trots op julle!!!











