Laerskool Sonop Hokkiespanne geniet ‘n onvergeetlike Hokkie aand
ADVERTISEMENT
Dit was die laaste aand van die “Friday Night Charge Hockey” by St. George’s Preparatory. Dit was definitief ‘n aand vir die “memory” boeke. Die Laerskool Sonop onder 13 span meisies het gesorg vir n naelbyt finaal wat al die toeskouers verskriklik baie geniet het. Ons kan met trots sê dat ons Sonop Hokkie Bokkies as die wenners van die 3 reeks Vrydae hokkie aande weggestap het. Dankie aan St. George’s Preparatory vir ‘n baie lekker aand.

















