Laerskool Saamtrek skaak nuus
ADVERTISEMENT
Laerskool Saamtrek is baie trots op Luan van Staden leerder van Laerskool Saamtrek, wat van 28 Maart tot 2 April in Rustenburg aan die South African Junior Closed Chess Championship deelgeneem het. Hy het ’n uitstekende prestasie gelewer deur 4½ uit 9 punte te behaal. As ’n o.7-speler is hy gekies om in die o.8-span mee te ding – ’n besondere prestasie op sigself. Hierdie gesogte toernooi is ’n geslote kampioenskap waaraan slegs die top gekeurde skaakspelers in die land deelneem. Luan het uiteindelik 27ste geëindig onder al die o.8-deelnemers.
Sy broer, Ryan, het ook deelgeneem aan die blitstoernooi, waar spelers teen enigiemand kon meeding. Hy het 2½ wedstryde gewen en waardevolle ervaring opgedoen. Baie geluk aan beide seuns met hul puik prestasies!












