Hoërskool Waterkloof Provinsiale skaak
ADVERTISEMENT
Hoërskool Waterkloof se provinsiale skaakspelers het weereens puik tydens die afgelope provinsiale toernooi presteer. Verskeie spelers was deel van die provinsiale Noord-Gautengspanne wat met goud aan die einde van die toernooi weggestap het.
Die volgende spelers was deel van die Noord-Gautengspanne:
o. 20A wen Goud
– Jean-Marie Pelser
– Nia Naude
o. 20B wen Silwer
– Eghardt du Toit
o. 18A wen Goud
– Ben Delport
o. 16A wen Goud
– Matteo du Toit
o. 16B wen Goud
– Logan van Loggerenberg
– Josh Jooste
o. 16C wen Goud
– Keagan Webb
o. 16D
– Ludrick Oosthuizen
o. 14A wen Silwer
– Helen Rautenbach
Daar was ook verskeie individuele prestasies. Die volgende leerders het as bordwenners weggestap:
– Ben Delport: Bordwenner met ‘n punt van 4.5 / 5
– Josh Jooste: Bordwenner met ‘n punt van 4 / 5
Helen Rautenbach, ‘n nuwe Druppel, is as die beste o. 16-dogter in Gauteng aangewys. Ons is geweldig trots op elkeen van hierdie uitblinkers op skaakgebied en ons sien uit na ‘n baie goeie skaakjaar!
















