Laerskool Randhart onderwyser presteer
ADVERTISEMENT
Die Laerskool Randhart is besonders trots op juffrou Zanulé Fouché en juffrou Beninca Botha met die volgende aanstellings. Juffrou Fouché is as skeidsregter vir die “Winter Games” gekies, terwyl juffrou Botha as LOC vir “All Ages” aangestel is. Julle toewyding en passie straal werklik uit en maak ons skool trots. Baie geluk met hierdie besondere prestasies. Julle is ’n inspirasie vir ons almal!











