Laerskool Randhart hokkiespelers gekies vir die o12B Oos-Gautengspan
ADVERTISEMENT
Laerskool Randhart is ongelooflik trots op Milah Bosch en Johan Hattingh wat vir die o.12B-Oos-Gautengspan gekies is! Julle toewyding, dissipline en passie vir hokkie het hierdie besondere prestasie moontlik gemaak. Julle verteenwoordig ons skool met waardigheid en is ’n inspirasie vir elke leerder wat groot droom. Mag hierdie mylpaal die begin wees van nog baie hoogtepunte op julle pad!











