Hoërskool Kalahari Meisieshokkie is Platteland liga wenners
ADVERTISEMENT
Hoërskool Kalahari Meisieshokkie is Platteland liga wenners. Die meisieshokkie het Saterdag, 12 Augustus, gaan deelneem aan die Platteland liga se uitspele in Kimberley. Die Junior hokkiespan het in die semi-finaal teen Hartswater se 0/19 B gespeel en aan die einde van die wedstryd, was die telling 1 – 1. Om te bepaal wie na die finaal deur gaan, is ‘n “penalty shoot out” gehou. Die junior Kalas het uitstekend gevaar en wen 5 – 3. In die finaal het hulle teen Duineveld se 0/16A gespeel.
Die meisies het kliphard geveg, maar ongelukkig die wedstryd verloor 2 – 1. Die Linx het teen Hartwater se 0/19A’s in die finaal gespeel. Dit was n ongelooflike wedstryd waar die Linx die regte Kala Linx karakter gewys het. Die Linx het aanhou veg tot op die laaste minuut. Kalahari se Linx stap weg as die Platteland liga wenners met ‘n telling van 3 – 2.










