Laerskool Montagu atleet begin die atletiek-seisoen uitstekend
ADVERTISEMENT
Jenö Jacobs het die atletiek-seisoen uitstekend begin deur uit te blink by verskeie byeenkomste.By die Kwagga Atletiekbyeenkoms, 11 Oktober, te George is hy aangewys as die beste o. 13-seunsatleet, asook die beste prestasie vir o. 13-seuns. Hy behaal eerste plek in 80mH, 100m en 200m. Hy stel ook in al 3 items nuwe rekords op.
Laerskool Montagu het Vrydag, 18 Oktober aan die Bredasdorp Top 10 Atletiekbyeenkoms deelgeneem.Jenö Jacobs ontvang die beker vir die meeste punte op die ASA tabel vir o. 13 seuns, asook die beker vir die beste seunsatleet. Jenö behaal eerste plekke in 80mH, 100m en 200m. Hy stel ook nuwe rekords op in 80mH en 100m. Ons is baie trots op Jenö, wat deel van ‘n uitnodigingspan is wat Suid-Afrika vanaf 16 tot 21 Desember in Swakopmund, Namibië gaan verteenwoordig.
![]()










