Laerskool Bellville-Noord vaar goed by atletiekbyeenkoms teen groot skole
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville-Noord het 8 atlete wat in die top 3 van hul items geëindig het by ‘n atletiekbyeenkoms by Ls Bastion op Donderdag, 7 November. Ons moes meeding teen skole wat soms meer as dubbel ons leerlinggetalle het, en waar hul atlete ook privaat afrigting ontvang. Ons is dus uiters trots op hierdie span van ons wat daar deelgeneem het en in die top 3 kon eindig. Hier is ons top 3-atlete. Die foto’s is ook in hierdie volgorde gelaai hier onder:
- Lanique Theron = 1ste in gewigstoot
- Gardielle de Villiers = 1ste in hoogspring
- Marguerite de Villiers = 2de in hoogspring
- Liam Christiansen = 2de in verspring
- Levonne Viljoen = 2de in spiesgooi
- Liya Smal = 3de in hoogspring
- Milan Smal = 3de in verspring
- Mienke Minnie = 3de in gewigstoot

Gardielle de Villiers 1ste

Lanique Theron 1ste

Levonne Viljoen 2de

Liam Christiansen 2de

Liya Smal 3de

Marguerite de Villiers 2de

Mienke Minnie 3de

Milan Smal 3de









