Laerskool Magalieskruin karateka verteenwoordig hul klub by die SA’s
ADVERTISEMENT
4 leerders van Laerskool Magalieskruin, is verkies tot die JKS, Suid-Afrikaanse, Nasionale, Karate span wat Suid-Afrika gaan verteenwoordig gedurende Julie, in Tokyo Japan. Die 6de karete-do wêreldkampioenskappe word gehou te Tokyo se Yoyogi 2nd Gimnasium, in Shibuya Stad. Die Yoyogi Gimnasium het 2 803 sitplekke in die arena en daar is al voorheen Olimpiese spele daar aangebied.
Die Magalieskruin leerders is :
- Chanri Lombard en Hugo Nel, Gr. 7.
- Stian Lombard en Rossouw Nel, Gr. 3.
Al 4 leerlinge neem ook in Mei maand deel aan die Suid-Afrikaanse Nasionale JKS kampioenskappe in Johannesburg, waar hulle in vorige jare, onder die vier van hulle, talle goud, silwer en brons medaljes verower het.

Chanri Lombard

Stian Lombard

Hugo Nel

Rossouw Nel









