Bethlehem Voortrekker karateka verkies tot Vrystaatspan
ADVERTISEMENT
Die Vrystaat Karate Federasie het die naweek van 4 Februarie 2023, hulle jaarlikse Elite proewe gehad by die High Performance Center in Bloemfontein om karatekas te kies vir die Vrystaatspan wat die Vrystaat sal verteenwoordig gedurende die jaar. Verskeie karatekas van Bethlehem Karate het aan die proewe deelgeneem. Die proewe het bestaan uit 2½ ure oefeninge vir Kata waarna keuring plaasgevind het vir Kata en 2½ ure oefening vir kumite waarna daar ook keuring plaasgevind het vir kumite. Slegs karatekas wat aan die streng vereistes van die keurders voldoen het, is verkies tot die Vrystaatspan en het dan ook sodoende hulle Vrystaatklere in karate verkry.
Die Vrystaatspan wat verkies is, sal die Vrystaat verteenwoordig by die KSA (Karate Suid Afrika) Nasionale kampioenskappe gedurende Maart in Port Elizabeth. Baie geluk aan Bethlehem Voortrekker karateka Katleho Moloi en Nathan Helm wat verkies is tot die Vrystaatspan.
- Katleho Moloi – O21 Kumite
- Nathan Helm – O21 Kata en Kumite










