Laerskool Jan van Riebeeck hengelaars presteer
ADVERTISEMENT
Die visvangkompetisie by Jackie Leonard was ’n groot sukses. Laerskool Jan van Riebeeck spanne het uitstekend gevaar en in totaal 66 visse gevang, met ’n gesamentlike gewig van 30,52 kg. Die totale punte wat vir die dag aangeteken is, beloop 960 punte. Baie dankie aan al die leerders en ouers vir hul entoesiasme en ondersteuning – dit het beslis bygedra tot ’n geslaagde en genotvolle dag!



















