Laerskool Hennopspark kultuur prestasies vir kwartaal 4
ADVERTISEMENT
Laerskool Hennopspark kultuur prestasies vir kwartaal 4. Senior Revue gaan wys ons die heelal, met die tema Distance world. Hulle neem aan verskeie kompetisies deel. Die groep behaal die volgende prestasies: Afdelingswenner by Centurion Kunstefees en 2de plek by die South African National Championships.
![]()
Die Junior Revue spog met die tema: Kaalvoet deur Suid-Afrika. Hulle neem deel aan verskeie kompetisies. Die groep behaal die volgende prestasie: Pacisa (nuwe kompetisie)is hulle afdelingswenners. Centurion Kunstefees behaal hulle 2de plek in hul afdeling.
![]()
Ainos is ‘n Griekse word wat beteken: Kinders wat die Here prys. Die groep het vanaf 17-20 Oktober uitreik werk gaan doen in Bloemfontein, waar die groep by skole en ouetehuise op getree het. Hulle het deur die loop van die jaar opgetree by Kerksondermure, Kerk-in-Suid, Doxa Deo Raslouw Kampus en Swartkop Hervormde Kerk.
Die Juniorkoor is dalk klein, maar met groot stemme. Juffrou Ronette is die dirigent en begeleier Leanda Schelhase. Hulle neem deel aan die ATKV-applouse, Tshwane Jeugkunstefees, Centurion Kunstefees en 1Koor. Hulle ontvang Goud by die jaarlikse Super 12 koor.
Die Seniorkoor spog met ‘n nuwe dirigent en begeleier! Steffie le Roux (dirigent) en Marlize Grobler (begeleier). Die Seniorkoor het deelgeneem aan die ATKV-applouse, Tshwane Jeugkunstefees, Centurion Kunstefees, 1Koor en Eldo koorfees.










