Laerskool Gene Louw redenaars praat hul pad oop na finaal
ADVERTISEMENT
Emma Marais en Joshua Ferreira, twee jong redevoerders van die Laerskool Gene Louw, is uitgenooi om aan die nasionale finale rondte van die Oppie Tong Af-redenaarskompetisie deel te neem. In die provinsiale uitdunronde het Emma (gr. 3) 92% behaal vir haar toespraak oor ’n monster met drie arms wat die kinders se sprokieswêreld bedreig: huiswerk, skermtyd en ouers se drome. Joshua (gr. 4) se toespraak oor hoekom ouers nie sonder hul kinders oorsee moet gaan nie het hom ’n punt van 91% besorg. Die Oppie Tong Af-finaal vind op 3-5 Oktober by Laerskool Rooihuiskraal in Centurion plaas.

Foto: Jola Kopec Emma Marais (links) en Joshua Ferreira









