Laerskool Gene Louw Graad 1’s se eerste skooldag 2024
ADVERTISEMENT
Die Laerskool Gene Louw in Durbanville het sy 223 graad 1-leerders reeds op Dinsdag 16 Januarie – ’n dag voor die skool amptelik open – verwelkom om hulle ’n voorsmakie te bied van wat hul eerste skooljaar sal inhou.
Die nuwe maats het om 08:00 netjies in hul skooldrag saam met hul ouers aangetree om hul onderwysers, klaskamers en die speelterrein beter te leer ken, en kon 10:00 weer huis toe gaan. Daarna was die “regte” eerste skooldag Woensdag vir die meeste van hulle kinderspeletjies.
Ava Marx en haar nefie Alexander Marx (voor, van links), by hul ma’s, Hendre Marx en Liana Marx (agter, van links)










